Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Kanada |
Provinsie | Alberta |
Koördinate | 51°03′N 114°04′W / 51.050°N 114.067°W |
Stigting | 1875 |
Inkorporasie | 1884 (Town/City) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 825,56 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 048 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2016) | 1 239 220 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 501/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 392 609 |
Tydsone | UTC-7 (MST) |
Burgemeester | Naheed Nenshi |
Poskode | T1Y tot T3R |
Skakelkode | 403, 587 |
Amptelike webwerf | City of Calgary |
Calgary (Skots-Gaelies: "Klaar Water") is die grootste stad in die provinsie Alberta en die derde grootste in Kanada met 1 239 220 inwoners in die stad en 1 392 609 in die metropolitaanse gebied (2016).
Calgary lê in die suide van Alberta en aan die westelike kant van die Groot Vlaktes, sowat 80 kilometer oos van die voorgebergtes van die Kanadese Rotsgebergte en 298 kilometer suid van Edmonton. Calgary maak deel uit van die dig bevolkte "Edmonton-Calgary-korridor". Die stad staan vandag bekend as 'n sentrum vir wintersport en ekotoerisme. Sy ekonomiese basis is die olienywerheid, terwyl ook die landbou, toerisme en hoëtegnologie-produkte 'n belangrike bydrae tot die vinnige ekonomiese groei van die stad lewer.